Die poffertjies sal die gunsteling op jou tafel wees. Sefls die kinders sal die groente eet.
PLOMP PAMPOENPOFFERTJIES MET KARAMEL
POFFERTJIEBESLAG:
- 750 ml gaar fyn pampoen
- 2 eiers
- 5 ml sout
- 500 ml bruismeel
- 15 ml bakpoeier
- 500 ml olie om die poffertjies in te braai.
STROOP:
- 500 ml suiker
- 250 ml water
- 125 ml melk
- 30 ml botter
- sout
- 10 ml mielieblom/ mazina
METODE:
Pampoenpoffers
- Meng die pampoen, suiker en sout saam.
- Meng die bruismeel en bakpoeier saam en roer dit by die pampoen.
- Skep lepels vol in die warm olie. Braai mooi bruin en laat dit dreineer op kombuispapier.
Stroop
- Kook die suiker , water, melk botter en sout saam. Die suiker moet opgelos wees.
- Maak die mazina met n bietjie water aan en roer dit by die suikermengsel.
- Laat dit kook totdat die sous verdik.
- Gooi die warm sous oor die poffertjies.