Ek bestel altyd die skoon, gladde nagereg en dan dink ek dit is vreeslik moeilik om te maak. Tot ek dit self gemaak het en besef dis regtig maklik om te maak. Party mense het n vrees om met gelatine te werk en eintlik moet jy net lees wat op die verpakking staan.
- 500 ml room ( moenie speel nie)
- 15 ml gelatine ( een sakkie in die boksie)
- 90 ml warm water
- 200 ml strooisuiker
- 5 ml vanieljegeursel
Dis vir die bo-laag:
- 1 flake
- 30 ml melk
NOU:
- gooi die warmwater in n beker en strooi die gelatine bo-op die water. Sit eenkant.
- verhit die room, strooisuiker en vanieljegeursel tot net voor dit kook, die suiker moet opgelos wees.
- roer die gelatine-mengsel in die koppie om seker te maak die gelatine het opgelos
- gooi nou die gelatine-mengsel by die warm room en roer dit deur.
- spuit houertjies van jou keuse met Spray and Cook en skink die roommengsel in die houertjies
- plaas in die yskas vir ten minste 4 uur
- smelt die flake en melk in n houer in die mikrogolf vir 1 minuut. Roer dit deur.
- nou kan jy besluit om die panna cotta in jou houer te bedien – smeer van die sjokolade mengsel oor
- of jy kan dit losmaak met n mes en dit uitdop op n bordjie. Drup nou sjokolademengsel bo-oor.
Dit is vreeslik ryk en jy moet klein porsies bedien. Wees kreatief en bedien bessies bo-op of smelt aarbeikonfyt in die mikrogolf en smeer dit oor jou panna cotta.
Min moeite vir groot vreugde.