Bykosse

Koeskoesslaai

Comments are Disabled

Bestanddele

  • 750 ml kokende warm hoenderaftreksel
  • 500 ml koeskoes
  • 100 ml fyngekapte droë appelkosies, geweek in rooibostee en gedreineer
  • 100 ml fyngekapte dadels
  • 100 ml geroosterde amandelsnippers
  • 60 ml heuning
  • 30 ml suurlemoensap
  • 10 ml fyn kaneel
  • vars kruisementblare

Metode

Plaas die koeskoes in ‘n bak en gooi die hoenderaftreksel bo-oor. Maak toe met kleefplastiek en laat staan vir 10 minute.

Maak los met ‘n vurk en roer die appelkose, dadels en amandels in.

Meng die fyn kaneel, heuning en suurlemoensap en roer deur die koeskoes.

Breek die kruisementblare met jou hande en roer deur die koeskoes.

Maklik!

Comments are closed.