Nagereg

Sponssouskluitjies

Comments are Disabled

Bestanddele

  • 500 ml melk
  • 4 heel kardamompeule, gekneus
  • 2 heel stukke steranys
  • 2 heel pypkaneelstokke
  • 30 ml mielieblom
  • 30 ml meelblom
  • 15 ml vlapoeier
  • ekstra melk vir droë bestanddele
  • 1 ml Sout
  • 2 eiers geskei
  • 5 ml vanielje-geursel
  • 60 ml gesmelte botter
  • kaneelsuiker

Metode

Plaas die melk, kardamom, steranys en kaneelstokke in ‘n pot. Verhit tot kookpunt.

Meng intussen die mielieblom, meelblom, vlapoeier en sout met genoeg van die ekstra melk tot glad.

Sodra die melk begin kook, roer die pasta stadig by. Kook die mengsel vir 2-minute en roer aanhoudend totdat dit verdik. Wees versigtig dat dit nie aanbrand nie.

Verwyder die heel speserye en hou eenkant vir garnering.

Klits die eiergele en roer dit geleidelik by die kokende mengsel in.  Voeg die geursel by. Haal van die stoof af.

Klits die eierwitte styf en vou in.

Skep lepelsvol van die mengsel in ‘n gesmeerde skottel en skep gesmelte botter en kaneelsuiker oor elke kluitjie.

Garneer met heel speserye en bedien warm.

Maklik!

Comments are closed.