Nagereg, Terte

Kondensmelk melktert – geen bak nodig

8 comments

My soettand verlei my dan en wan om iets saam te slaan.  Die melktert resep  is al lank in omloop in my familie.  Wat vebasend is, is dat dit nie te soet is nie – al word dit met kondensmelk gemaak.  Hou dit vir ten minste 4 uur in die yskas voor jy dit sny.  Tog so lekker!!!!!!!melktertfotos 009

BENODIG:

  • 1  blikkie kondensmelk
  • 700 ml kookwater
  • 20 ml botter
  • 50 ml mazina
  • 60 ml koue water
  • 2 eiers – skei dit
  • 10 ml vanilla ekstrak
  • knippie sout
  • nou kan jy of die skil van een lemoen of suurlemoen fyn rasper
  • 1 pakkie tennis beskuitjies
  • kaneelsuiker ( meng dit self: 100 ml suiker gemeng met 10 ml fyn kaneel)melktert en bone 022

NOU:

  1. pak die tennisbeskuitjies onder in n bak wat gespuit is met Spray and Cookmelktert en bone 020
  2. sit die kondensmelk, kookwater, vanilla, sitrusskil en botter in  pot en laat dit kook
  3. intussen meng die  sout en mazina met die koue water tot n paste en klits die eiergele bymelktert en bone 027
  4. klits die wit in n aparte skoon bak tot sagtepunt stadiummelktert en bone 025
  5. haal die pot van die stoof af en roer die mazina/eiermengsel vinnig by met n draadklitsermelktert en bone 029
  6. sit terug op die plaat en hou aan klits totdat dit dik raak  – dit gebeur vinnig
  7. NOU: skep n lepel van die mengsel by die eierwit en roer in
  8. skep nog n lepel by die eierwit
  9. meng versigtig  die helfte van die mengsel by die mengsel in jou pot
  10. roer die res by
  11. skep dit op jou tenniskoekies en strooi ruim kaneelsuiker oormelktert en bone 034
  12. sit in die yskas vir ten minste vier uurmelktert en bone 035

Ek gee my woord dat jy nie teleurgesteld sal wees nie.  Dis sag soos fluweel.  Dis asof n wolkie van liefde op jou tong kom le.melktert en bone 044

8 Comments

  1. Dit lyk baie heerlik ek gaan probeer om dit vir my Tannie se verjaardag vir haar te maak

  2. Lekkerste melktert wat ek al gemaak het. Baie dankie vir die deel

  3. Ronél Le Roux

    Opregte dank so uit my hart, vir jou lekker resepte wat jy met ons deel. Jy is n skitterende stêr en die mooiste, borrelende persoonlikheid.

  4. Marinda in jou een melktert resep praat jy van blikkies melk wat is dit Ideal melk? Groete

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*