As jy vandag gaan braai, maak dit hierdie varkrepies. Maak genoeg , want jul gaan te veel eet. Lek jou vingers en jou lippe af!
BENODIG:
- 8 varkrepies
- 125 ml soyasous
- 100 ml tamatiesous
- 2,5 ml komyn
- 10 ml chillieflakes ( as jy van sterk hou)
- 90 ml heuning
- 5 ml knoffel fyn gekap
- 5 ml gemmer fyn gekap
NOU:
- meng die boonste bestandele saam
- gooi oor die vleis en laat dit marineer vir n uur
- braai oor stadige kole – die donker op die vleis is die suiker wat karamaliseer en is heerlik
- Bedruip die repies deurentyd in die marinade
Nou sit jy terug en eet jouself trommeldik. Skink n glasie koud en hou aan eet.
Hene Marinda dit lyk heerlik, ons koop dit sommer altyd by die
Slaghuiis, maar noit weer nie en dan dink ek somer aan jou ook!!
Dit is so lekker dat mens dit ten minste een keer n week moet eet.
Groete
Marinda
Lyk super lekker!!!
Danie, dis verby lekker.
Marinda
Marinda gebruik jy vark rib repies??