Bestandele
- 8 borriepatats
- gesmelte botter
- growwe sout
- Metode:
Metode
Was die patats en sny in 0.5 cm skywe, maar nie dwarsdeur nie.
Rangskik die patats in n oondbak en smeer botter mildelik oor die patats en tussen die skywe.
Sprinkel met growwe sout na smaak en bak in ‘n voorverhitte oond teen 190ºC vir 1 uur of tot sag en gaar.
Maak 6 – 8 porsies. Bedien met smoorsnoek.
Maklik!