Bestandele
- 40 ml olie
- 4 uie, fyn gesny
- 1 groen soetrissie, in blokkies gesny
- 4 tamaties, in blokkies gesny
- 4 gaar aartappels, in blokkies gesny
- 700 g gaar snoek, gevlok en grate verwyder
- Die gerasperde skil van 1 suurelmoen
- 100 ml visaftreksel (die wat jy in pakkies koop, of die water waarin jy die vis gekook het)
- sout en witpeper
- die sap van 1 suurelemoen
Metode
Verhit die olie in ‘n pan en braai die uie en soetrissie tot sag. Voeg die tamatie en aartappels by en braai saam met die uie en soetrissie tot die aartappels gaar is.
Voeg die gevlokte vis, suurlemoenskil en visaftreksel by en roer. Laat dit vir 15 minute prut met ‘n deksel op.
Geur na smaak met die sout en witpeper en voeg die suurlemoensap by. Prut verder vir 15 minute.
Bedien 4 porsies met konsertinapatats.
Maklik!