Bestandele
- 375 ml koekmeel
- 190 ml wit- of bruinsuiker
- 10 ml pypkaneel
- 250 ml hawermout (oats)
- 225 g botter, gesmelt
- 3 x 385 g blikkies tertappels, in kleiner blokkies gesny
- 125 ml strooisuiker
- 30 ml suurlemoensap
- 5 ml pypkaneel
Metode
Meng die koekmeel, suiker, 10 ml pypkaneel, hawermout en botter liggies.
In ‘n ander bak, meng die appels, strooisuiker, suurlemoensap en die 5 ml pypkaneel en skep in ‘n gesmeerde glas-tertbak.
Skep die krummelmengsel eweredig bo-oor die appels en bak teen 180°C vir 40 minute of totdat die krummelmengsel bros en goudbruin is.
Bedien 6 porsies met vanieljeroomys.
Maklik!
Geen niks om die appels te bind nie.
Lenette nee. Dit is heerlik net so.
Marinda ek gaan d oats met pekanneute vervang.
Laat weet hoe dit gesmaak het.