Ek het vanoggend opgestaan met die lus vir hoendersop in my. Die sop is baie gesond en kan doen as n detox ook. Ek maak die pot sop en dit hou maklik 2 na 3 dae in ons huis.
BENODIG:
- 3 knoffelhuisies
- 1 ui
- gemmer ( so groot soos jou duim)
- 60 ml olie
- 30 ml rissievlokkies of so sterk soos jy daarvan hou
- lemongrass
- 1 hoender
- 3 blokkies hoenderekstrak
- 1,5 ml kookwater
Jy kan enige groente van jou keuse bysit in die kastrol.
Wees versigtig met sout en peper. Die hoenderekstrak is baie sout. Proe eers.
NOU:
- sny die ui, knoffel en gemmer fyn en braai saam met die rissievlokkies in die olie
- braai die hoender saam met die uiemengsel tot bruin
- meng die hoenderekstrak met die warmwater en gooi oor hoender
- kneus die lemongrass en sit dit ook in die pot ( jy kan nou hier groente van jou keuse insit)
- kook vir 1 uur
- ontbeen die hoender en maak dit fyn. Gooi die velle en bene weg en sit die gevlokte hoender terug in die sous.
- n vinnige heerlike sop
Ek het my sop bedien met koriander. Daars iets vertroostends aan hoendersop.
Dankie, dit klink sommer baie lekker, ek gaan dit beslis maak.
Hettie, dis vinnig maklik en smaaklik. Ek eet sommer 3 dae aan die pot.
Groete
Marinda
Hettie, ek eet sommer 3 dae aan so n pot sop.
Groetnis
Marinda
HIER GAAN EK ALWEER MET N HOENDERRSEP VAN JOU NOU AL TE VEL DIE BROCOLLI DING GEDOEN ALHOEWEL ALMAL GAANDE IS DAAROOR HET JOU OPKNK GESOEK NOOIT ROUXSTRAAT GEKRY NIE EN NET 3 DAE DAAR GEHAD VIR UITRUS TATA LYNNETTE
Liewe Lynette
Ek het vir Riana en Helena gekry by die fees. Jy sal maar aan die weskus moet kom kuier.
Marinda
Kan ek die sop maak met hoender fillets ipv heel hoender?
Jy kan beslis die filette gebruik
Geniet jou sop.
Groete
Marinda
hi marinda u hoender sop is n wenner dit het ons gehelp indie tyd van covid maak af en toe dit
Een van my gunstelings. Geniet.