Hoofgereg

Kool-lensiefrikkadelle

6 comments

Ek en Koos het saam gekook met ons Crocs aan. Niemand was daar om ons te spot oor ons Crocs nie. Wat ‘n lekker en gemaklike kook! Al is jy nie vegetaries nie belowe ek jou dat jy beslis van die frikkies gaan hou.

Sarietha die een is vir jou en Josh.

Kool-lensiefrikkadelle

Recipe by Marinda EngelbrechtCourse: Uncategorised
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • 500 ml lensies, gedreineer

  • 2 knoffelhuisies, fyngekap

  • 1 eier

  • 35 g parmesaankaas

  • 30 ml broodkrummels

  • 10 ml fyn komyn

  • 5 ml fyn vars koljander

  • 2 ml fyn kaneel

  • 30 ml fyngekapte ui

  • 5 ml gerookte paprika

  • 1 fyngekapte rissie (opsioneel)

  • sout

  • peper

  • 1 groot kool

  • Sous vir koolfrikkies
  • 1 ui, gekap

  • 4 knoffelhuisies, fyngekap

  • 2 rissies, gekap

  • 1 blikkie Mexikaanse tamaties

  • 10 ml tamatiepasta

  • 125 ml rooiwyn

  • 30 ml vars roosmaryn, gekap

  • 5 ml suiker

  • 10 ml gerookte paprika

  • 10 ml worcestersous

Metode

  • Sit alles behalwe kool in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad.
  • Gebruik ’n roomysskepper en maak balletjies.
  • Sit die balletjies op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is, en sit dit in die yskas.
  • Neem die buitenste blare van die kool. (Sny die harde stronkgedeelte in die middel uit.) Druk dit in kookwater om sag te raak.
  • Draai nou elke frikkadel toe in ’n koolblaar (jy kan dit vassteek met ’n tandestokkie) en sit dit bo-op die sous (resep onder) wat in ’n oondskottel gegooi is.
  • Bak dit oop vir 20 tot 30 minute.
  • Sous vir koolfrikkies
  • Braai die ui tot glaserig.
  • Braai die knoffel en rissies saam met die ui.
  • Gooi die res van die bestanddele by en kook vir 20 minute.
  • Gooi dit onderin ’n oondskottel en sit die frikkadelle op die sous om gaar te word.

6 Comments

  1. Selma van Wyk

    Ek sien daars baie knoffel in.. ek kan dit seker maar uitlaat..

  2. Die lensie frikadelle,so oulik gaan probeer enige iets sonder vleis vir my

  3. Hi
    Enige resepte vir diabete?

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*