Rooivleis

Koolbredie – o, koolbredie

35 comments

Sekere soort kos is trooskos. Kos wat jou omvou en laat beter voel. Koolbredie is so n soort kos. Ons eet koolbredie dwarsdeur die jaar en gewoonlik kook ek net rys daarby.

Koolbredie – o, koolbredie

Recipe by Marinda EngelbrechtCourse: Rooivleis
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • 1kg bees stowevleis

  • 1 ui

  • 30 ml olie

  • 4 aartappels

  • Half kopkool in growwe repies gesny

  • 1 blikkie tamaties

  • 60 ml worcestersous

  • 20 ml asyn

  • 10 ml suiker

  • 100 ml water

  • 4 heel naeltjies

  • sout en peper

  • 1 rissie (opsioneel)

Metode

  • Sny die ui in ringetjies en braai in n pot  tot glaserig.
  • Sny die vleis in blokkies en braai bruin saam met die ui.
  • Sny jou aartappels in blokkies en gooi by die vleis.
  • Sny jou kool fyn en gooi by die vleis.
  • Meng al die res van die bestandele en gooi by jou vleis.
  • Nou sit jy die deksel op en laat dit rustig kook  – ten minste stadig vir 90 minute.
  • As jy voel die sous is te loperig kan jy dit verdik met bistro. Dit bly sielskos wat die volgende dag net so lekker smaak.

35 Comments

  1. Elizabeth Pretorius (Kleina)

    Baie baie lekker.

  2. Didi Burger, Hoopstad FS

    Dit is middagete vir ons vandag, met Basmati Rays, pampoen, gestoomde groenboontjies en kerrie perskes.nklink dit nie hemels nie???? Baie dankie vir die resep.

  3. Smullekker!

  4. joelize jordaan

    Koolbredie bly koningskos en jou resep perkek dankie

  5. Vanaand maak ek jou koolbredie!

  6. Gaan vandag maak,

  7. Lynette de Wit

    Die beste. Laat my terug verlang na die plaas

  8. Desiree Petersen

    NUMMIES

  9. HELEEN SPENCE

    EK HET GROOT GEWORD MET KOOLKOS, TAMATIEKOS, GROENBOONTJIEKOS, KERRIEKOS VIR MIDDAGETE. ELKE AAND ‘VIS, GEBAK, GEBRAAI, GEKOOK OF VISKOEKIES. DROE BOKKOMS, YOU NAME IT. VARS GEBAKTE BROOD EN TUIS GEKOOKTE KONFYT MET KAAS EN MENGSEL SLAAI, EN SONDAE HOENDER, SKAAPNEK, ROOI MACARONI, SKORSIE, SOETPATATS,( JY KON DAARMEE SKOU!!!) BRUIN AARTAPPELS. OF GEBRAAIDE TJOPS, VARK, HOENDER EN WORS. MET BRAAI BROODJIES EN AARTAPPELSLAAI.

  10. Baie dankie Maryna, ek maak hierdie bredie een keer per week. My familie kan nie genoeg kry nie x

  11. Baie dankie Marinda, ek maak hierdie bredie een keer per week. My familie kan nie genoeg kry nie x

  12. Ek het van die bestanddele nie gehad nie,moes so bietjie ‘impromise”
    Heuning ipv suiker
    Jimmy sous ipv worchester sous.
    Tamatie paste ipv blikkie tamasies.
    Die pot nog aan die kook. Hoop hy smaak net so lekker!

  13. Chris van As

    Ek het hierdie resrp al baie gwmaak. Dit is regtig hartskos. En op n koue dag is dit net die regte ding. Lekkerrr

  14. ek maak dit vir lunch vandag

  15. Janneman Wiese

    Hallo Marinda, kan ek dieselfde resep gebruik maar die bees met varkvleis vervang? Wat se ander aanpassings kan mens maak? Dalk iets soos pynappel in bring?

  16. Asseblief stir my die konfyt reseppie Ek woon in Melbourne Australia
    Danke well

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*