Kyk so n lekker stukkie porkbelly op sy tyd smaak vorentoe. Ek sit die resep op, want dis iets maklik vir jou kersete. Dit kan koud of warm geniet word. Ek het in plaas van braai aartappels lekker braai patats gemaak. Die resep het eintlik nie presiese hoeveelhede van bestandele nie. Dit gaan meer oor die kombinasie van die bestandele.
BENODIG:
- 1 pork belly
- 4 knoffeltoontjies
- 1 ui gesny in ringe
- paar takkies tiemie
- 100 ml water
- 1 suurlemoen se skil fyn gerasper en die sap van die suurlemoen
- 100 ml fyngekapte roosmaryn
- 100 ml fyngekapte pietersielie
- growwe sout
- growwe swartpeper
- chillie flakes of fyngekapte chillie
- 90 ml oyfolie
- 4 patats geskil
NOU:
- stel jou oond op 180 grade
- kap die pietersielie, roosmaryn en suurlemoenskil fyn
- meng dit met die sout, peper, olyfolie, suurlemoensap en chillie flakes
- smeer die porkbelly lekker in met die mengsel
- sit die ui, knoffel, tiemie en water onder in jou oondbak
- plaas jou porkbelly bo-op die uie bed
- bak dit nou vir 90 minute oop in die oond
- sny jou patats in kwarte en plaas saam met die porkbelly terug in die oond, draai die patats om van tyd tot tyd – los dit nog so 45 minute in die oond totdat die patats bruin en gaar is.
- die crackling behoort lekker bros te wees, indien dit nie bros is nie, rooster dit onder die roosterelement van jou stoof
Geniet die heerlike stukkie vark saam met slaai of groente. Dit kan koud of warm bedien word. Indien daar enige iets oorbly, maak vir jou more n lekker vark en mosterttoebroodjie vir die werk.