Bestanddele
- 4-6 groot handevol gevriesde ertjies
- 1 klein bossie vars kruisement
- sout en varsgemaalde swartpeper
- suurlemoensap na smaak
- 100 ml olyfolie
Metode
Plaas die ertjies in ‘n koue pan en plaas die bossie vars kruisement bo-op die ertjies.
Kook ‘n ketel vol water en gooi net genoeg kookwater oor die ertjies en kruisement sodat alles onder water bedek is. Plaas die deksel op en kook op hoog totdat die ertjies net sag is – net so ‘n paar minute.
Dreineer dadelik en plaas die ertjies en kruisement in ‘n mengbak. Geur met sout en peper en voeg die suurlemoensap en olyfolie by. Druk fyn of plaas in ‘n voedselverwerker totdat al die ertjies grof opgebreek het.
Maklik!