Skaapvleis

Krummeltjops

Comments are Disabled

 

KRUMMELTJOPS

BESTANDDELE

  • 8 Lamstjops
  • 2 pakkies bruinuie soppoeier
  • 500 ml pankokrummels
  • 125 ml parmesankaas
  • 100 ml pietersielie fyn gekap
  • 30 ml fyngekapte roosmaryn
  • 100 ml engelse mostert
  • 3 eiers geklits

 

Metode

  1. Kry drie plat bakkies gereed.In een is die uiesoppoeier, dan in die tweede een die geklitste eiers en in die derde een die panko-krummels,parmesan,pietersielie en roosmaryn
  2. Klad die tjops mooi droog en smeer weerskante met die mostert.
  3. Druk dit dan in die soppoeier, dan in die eier en dan in die krummels
  4. Bak dit in vlak olie sodat dit mooi bruin is aan albei kante
  5. Sit dit op ‘n bakplaat en bak vir 20 minute teen 180C

Comments are closed.