Hoofgereg, Rooivleis

Lasagne – ou staatmaker

32 comments

Hier oor die dae van krismis verwag mens mos maar die onverwagte gas met oop arms en n glas wyn.  Met die dat ek besluit om n lasagne te maak en te vries.  Dan is dit net vir uithaal en warm maak met n slaai en n vars broodjie daarby.  Die resep is genoeg vir 14 mense.  As jy minder mense is moet jy net dit halveer.

Lasagne – ou staatmaker

Recipe by Marinda EngelbrechtCourse: Hoofgereg, Rooivleis
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • 1 ui

  • 4 toontjies knoffel

  • 30 ml olie

  • 1,5 kg goeie maalvleis

  • 1 blikkie tamatie puree

  • 1 blikkie tamatie en uie mengsel

  • 1 houer tamatie paste

  • 1 koppie rooiwyn

  • 2 koppies biefaftreksel

  • 20 ml gemengde kruie

  • sout en peper

  • 3 takkies tiemie

  • 1 pakkie lasagne velle

  • Die kaassous
  • 100 ml botter

  • 100 ml meel

  • sout en peper

  • 500 – 700 ml melk

  • 1 houer roomkaas

  • 1 1/2 koppie gerasperde kaas

Metode

  • Sny jou ui en braai in die olie tot glaserig.
  • Voeg die knoffel by en braai nog n bietjie.
  • Roer jou maalvleis by en maak dit los dat dit nie klonte maak nie – gebruik n vurk.
  • Gooi al die res van die bestandele (behalwe die lasagnevelle) by en nou moet dit kook vir ten minste 90 minute tot 120 minute.
  • Jy sal sien die kleur raak so n diep rooi/bruin kleur.
  • Vir die kaassous
  • Smelt die botter in n pot.
    lasange blog 041
  • Roer die meel, sout en peper by met n draadklitser.
  • Gooi nou die melk stadig by en hou aan roer totdat dit dik soos vla is.
    lasange blog 048
  • Roer die houer roomkaas by.
    lasange blog 054
  • Roer 1/2 koppie gerasperde kaas by en prut vir 5 minute.
    lasange blog 056
  • Maak die lasagne
  • Onder in n oondbak sit bietjie van die kaassous.
    lasange blog 069
  • Pak lasagne velle bo-op die kaassous.
    lasange blog 073
  • Skep nou van die vleismengsel bo-op die velle lasagne.
    lasange blog 075
  • Herhaal die lae en eindig met n kaassous laag. Sprinkel  die orige gerasperde kaas bo-op.
    lasange blog 080

Lasagne is koesterkos wat vir baie mense behaaglik laat eet.

32 Comments

  1. Dit lyk heerlik, gaan dit beslis maak en vries. Baie dankie. Mooi dagi vir jou.,💕

  2. Wow so gemaak en het perfek uitgekom, en heerlik geeët.. Dankie baie

  3. ek moet dit probeer
    dankie marinda

  4. Dankie baie, dit was heerlik! Jou resepte is altyd ‘n wenner.

  5. Marinda, ek kry mense oor Vrydag aand, en ek wil Donderdag aand al die lasagne maak en net in die oond druk Vrydag dan eers met die gerasperde kaas bo oor. Maar hoe maak ek pak ek my lasagne vanaand en los dit vir Vrydag of bak ek dit donderdag en vrydag? hoekom kan my koppie nie nou dit uitfigure nie!!!!

    • Hi Nadia
      Maak nie saak hoe om jy dit doen nie. Ek saal dit klaarmaak en in my yskas sit. Vrydag kaas oorgooi en bak.
      Geniet die kuier.
      m

  6. Word die velle nie eers in warm water gesit nie en wel hoelank.

  7. Rudolph Venter

    Haai Marinda

    Ek is maar amateur kosmaker (ek is n man wat hou van kosmaak)
    gebruik ek room kaas of maaskaas?

  8. Salma Grobler

    Baie dankie Marinda. Ek probeer elke resep van jou. Ek is ‘n’ou lasagne maker’ maar jou resep met die velle wat bo op die witsous lê is nuut. Ek gaan dit op jou manier voorberei.

  9. Hi, my 1ste keer dat ek lasagne maak.
    Word dit in die oond gebak na alles gaar geprut het en vir hoe lank teen watter temperatuur?
    Dankie

  10. Ek maak nou jou resep hou jou duime vas asb.

  11. Goeie dag Marinda,
    Kan ek dit 2 x herhaal dalk met dinner lae kaas sous en maalvleis met drie lae pasta?

  12. Hi Marinda. Hoe lank moet lasagne in oond en op watter grade?

    Dankie

  13. Heerlike en maklike resep. Het die resep gister gemaak en dit was heel eenvoudig en het heerlik gesmaak. Ek hou daarvan dat daar fotos van al die produkte by die resep ingesluit is. Dit maak dit maklik om die regte bestanddele te koop deur iemand soos ek wat hopeloos in die kombuis is.

  14. Ek maak vanaand jou lasagne vir more. Help my asb ek’s altyd versigtig om te veel sout in te gooi. My taste buds is daarmee heen na Covid. Hoeveel sout in ml gooi mens by die vleissous en kaassous. Baie dankie.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*