Maklik Met Marinda – Nicole Holm

Nicole Holm is vir my alles wat ‘n akteur moet wees. Sy is gefokus en hoogs talentvol. Sy kies haar rolle versigtig en pak elke rol met deernis en professionaliteit aan. En sy is die ma van ‘n tweeling wat haar hartklop is.

Die kosmaakrol is egter ‘n rol wat sy bietjie versigtiger aanpak. Ek was in die bevoorregte posisie om die rol van regisseur in die kombuis te speel. Sy het die regie geneem en weereens gewys dat geen rol te uitdagend is vir haar nie – nie eens die een van sjef nie!

Skakel Donderdag om 17:30 in op VIA, kanaal 147 om haar in aksie te sien.