Bestandele
- 1 ui, fyngekap
- 30 ml olyfolie
- 4 takkies tiemie
- 4 knoffelhuisies, gekneus
- 1 bottel goeie rooiwyn
- 250 ml aftreksel
- 1 takkie roosmaryn
- Sout en peper na smaak
- 100 ml botter, in blokkies gesny
Metode
Braai die uie in die olyfolie tot glaserig. Voeg die res van die bestanddele (behalwe die botter) by en laat dit vinnig afkook totdat jy ongeveer 250 ml oor het.
Verwyder die kruietakkies en roer die botter, blokkie vir blokkie by tot dit geïnkorpereer is en die sous mooi blink.
Maklik!