Brood, Gebak

Brood met steengemaalde meel

Comments are Disabled

Broodbak is dieplekker. Dit begin by die meng, die vreugde van die eerste rys, die in die gesmeerde panne sit, die tweede rys, die bak en reuk van varsgebakte brood en dan die eet!!! Groot vreugde.

Bestandele

  • 500g witbroodmeel
  • 500g bruinbroodmeel
  • 1 liter louwater
  • 10 ml sout
  • 10 ml kitssuurdeeg
  • 10 ml bruinsuiker
  • 30 ml olyfolie
  • 60 ml ongegeurde jogurt

Metode

  1. Gooi al die bestandele behalwe die meel in jou mengbak en roer.
  2. Gooi die meel by en met jou deeghaak meng in jou elektrieseklitser tot alles mooi bymekaar kom. So 10 min.
  3. Gooi uit op n meelbestrooide oppervlak en vorm n bal.
  4. Smeer jou bak met olie en plaas terug in jou bak.
  5. Laat dit rys tot dit verdubbel het.
  6. Knie af en deel in 2 broodpannetjies
  7. Laat rys
  8. Bak vir 40 min by 180 °

 

Comments are closed.