Bykosse

Murgpampoentjietert

0 comments

Murgpampoentjietert 2

Bestandele

  • 700 g murgpampoentjies, grofgerasper
  • 250 ml bruismeel
  • 5 ekstra-groot eiers
  • 125 ml olyfolie
  • 1 bossie knoffel-grasuie (garlic chives), fyn gesny
  • 125 ml kruisementblare, fyngekap
  • 250 ml sterk cheddarkaas, gerasper
  • 200 g fetakaas, grof gekrummel
  • sout en vars gemaalde swartpeper
  • 10 – 12 kersietamaties, in die helfte gesny

Metode

Sit die murgpampoentjies in ‘n vergiettes vir 30 minute om te dreineer, druk dan deeglik droog met kombuispapier en plaas in ‘n groot mengbak. Sif die bruismeel by en meng liggies met ‘n vurk.

Klits die eiers, olie en kruie saam en voeg by die murgpampoentjie-mengsel. Voeg die kase by, geur na smaak en meng dan liggies.

Giet die mengsel in ‘n gesmeerde oondvaste tertbak en rangskik die kersietamaties bo-op. Bak teen 180 ºC vir 40 – 50 minute of tot dit regdeur gaar is.

Lewer 6 porsies met ‘n tjoppie en slaaitjie of 8 porsies as a ligte maaltyd.

Maklik!

Murgpampoentjietert

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*