Maklik Met Marinda

Maklik Met Marinda – Mariana Du Preez

0 comments

As iemand  vir my Lollie noem, moet jy weet dit is iemand wat uit my verre verlede kom. Dis my grootword-naam.

Mariana du Preez noem my so. Sy kom uit my verre verlede. Ons het 42 jaar gelede saam gestudeer en nog nooit kontak verloor nie. Sy is ‘n kunstenaar en ek en sy heg verskillende waardes aan die woord palet. Sy gebruik dit om mee te skilder en ek probeer dit prikkel met kos.

Sy hou nie nie van kook nie. Sy verafsku kook. Sy dra nie ‘n voorskoot om mee te kook nie, net om mee te skilder. Na ‘n paar glase wyn en baie oorreding het sy belowe sy sal weer probeer.

Skakel Donderdag om 17:30 in op VIA, kanaal 147 vir hierdie spesiale episode.

Leave a Comment

Your email address will not be published.

*