Bestanddele
- 300 g stokvisfilette (hake), sonder vel
- omtrent 100 ml water
- 4 snye brood, in stukkies gebreek
- 1 geklitste eier
- 10 ml suurlemoensap
- sout en peper
- 300 ml fyngekapte pietersielie
- fyngerasperde skil van een lemoen
- ekstra sagte, vars broodkrummels (of koekmeel), indien nodig
Metode
Posjeer die vis tot gaar in die water. Sit die brood in ‘n bakkie en dreineer die posjeer-water daaroor.
Druk die vis droog met kombuispapier en vlok. Verwyder enige grate wat jy teekom.
Krummel die brood by die vis in en voeg die res van bestanddele by. Meng goed.
As die mengsel te slap is om te vorm, voeg ‘n paar lepels krummels of meel by tot dit vormbaar is.
Met jou hande, vorm medium-grootte viskoekies en braai in vlak olie tot goudbruin.
Lewer 4 porsies met kapokaartappels en/of ‘n lekker vars slaai.
Maklik!