Kyk n warm broodjie op sy tyd is soos vir vra vir nog met konfyt. Die brood is so maklik. Waarmee jy dit geur of aanhelp is jou saak. Warm brood is liefde uit die hart. Stel jou oond op 180 grade Celsius en jy gaan die brood bak vir 1 uur.
Maklike brood – net 3 bestandele
Course: Brood, Gebak30
minutes40
minutesBestanddele
500g bruismeel
500 ml karringmelk of 1 bier
knippie sout
250 ml (een koppie) kaas
Metode
- Gooi die meel, sout en kaas in ‘n mengbak en roer met ‘n lepel tot lekker gemeng.
- Roer nou jou karringmelk (of bier) by tot alles gemeng is. As jy sien dat dit vir jou nog droog lyk, roer so bietjie melk by.
- Sit dit in ‘n gesmeerde broodpannetjie en strooi 125ml kaas bo-oor. As jy dapper is kan jy self bietjie rooipeper of paprika ook oorstrooi.
- Nou bak jy die brood vir om en by 60 minute. Na 45 minute kan jy ‘n mes indruk en as dit droog uitkom is jou brood klaar.
Notas
- Waar ek die kaas insit kan jy enige iets insit: fyngekapte roosmaryn, pietesielie, mielies,songedroogte tamaties, olywe, fyn bokkoms. Net wat jou tong begeer.
- Geniet jou brood met konfyt of wat op jou hart gedruk is.
Will try this weekend …thank you
Robertha, jy sal nie spyt wees nie. Mooi naweek.
My ma het my die brootji geleer bak toe ek nog klein was…doe karringmelk kan vervang word met selfde hoeveelheid bier endan soos marinda sê neuk j enige moontlike ding in wat jou hart begeer
Nou praat jy. Ons verkies net om die bier te drink! Mooi naweek!
Casper, plaas ek die broodjie op Kokkedoor gebak het. Miskien sou dinge anders gelyk het. Ek gebruik karringmelk, want ons drink die bier.
Fantastic
Jy moet kom dan maak ek dit vir jou.
Danie, dis een van daardie disse wat jy met iemand moet deel vir wie jy regtig omgee.
To share such a bread is to share the deepest part of your soul and heart it is to share your life
Dis baie mooi en opreg. Hoop jy het so ‘n gelukkige persoon in jou lewe.
Pingback: ERTJIESOP – heel jaar deur. | Marinda Kook
Probeer dit vir die koue weer.
Mensig jy maak my bly.
Wow hierdie broodjie rys pragtig, so maklik selfs
‘n kind kan dit bak.
So bly. Geniet elke snytjie.
Ek het bacon, knoffel en kaas in gesit. Absoluut n wenner.. Die mense het net gekla dat daar te min brood was. 🤣
Jy maak my hart sing. Bak nog!
Ek wil die resep probeer want dit lyk heerlik. Wanneer jy brood bak met karringmelk, moet mens eers die karringmelk verhit soos lou water
Geniet jou broodjie. Nee jy hoef dit nie te verhit nie.
Jy hoef nie die karringmelk te verhit nie.
Brood lyk heerlik en maklik . Ek gaan dit probeer
Probeer en laat my weet hoe dit gesmaak het
Groete
Marinda
Ek het lank terug die brood gebak en was altyd ‘n sukses. Nou weer probeer. Pragtig gerys en mooi bo-op. Ongeveer ;n uur gebak, maar toe ek dit sny is die kors hoog met ‘n lugleegte en onder le die res van die brood met taamlik kluitji! Karringmelk was redelik oud. Kan dit die rede wees?
Corrie, ek is nie ‘n kenner nie. Dit kan oorwerk wees.
Bak weer!
Corrie, dit het onlangs met my ook gebeur. Was soo teleurgesteld want het altyd reg en lekker uitgekom. Toe gaan steek ek kers op by n ervare bakker. Hy sê toe ek moet sorg dat al my bestandele kamertemperatuur is vóór ek begin. Dit het al my probleme opgelos. Hoop dit help
Jy is 100% reg. Geniet elke happie.
Marinda, ek dink jy en jou resepte is smashing.
Ek wil jou kookboek koop en ek soek na jou murgpampoentjietert, gemmerkoekiepoeding
En meer
Ek het jou R100.00 boekie gekoop en feitlik alles daarin gemaak.Alles is n sukses.
GELUK.
Totsiens
AltaBurger
Liewe Alta
Al die resepte is op die blad of op my fb blad Marindakook. Loer gerus daar. Ek is besig om boek 2 te skryf.
Lekker eet
Marinda
Ek maak dit baie in d winter saam lekker groente sop
Dit is so lekker vinnig en heerlik. Geniet jou brood en ‘n groot pot sop.
Groete
Marinda
En dis so maklik en vinnig. Eet met lekker dik botter.
Hi Marinda, dis Phil van Radio X5 Stereo en het op jou webwerf afgekom met al die lekker resepte. Graag wil ek by jou hoor of ek van jou resepte kan gebruik vir my Tjailatyd program waar ek altyd n resep deel. Jy kan ook ons ook dan adverteer op jou blad en vir die lesers vra om in te skakel by my program. Radio X5 Stereo sal inruil ook jou webwerf adverteer en jou krediet gee.
Vriendelike musiek groete,
Phil
Middag Phil
Jy is welkom om van die resepte te gebruik en die nodige erkenning te gee aan my. Beplan julle om dit op julle webwerf te plaas of gaan julle net die link na my blad toe stuur? Hoeveel resepte oor hoeveel dae wil julle doen?
Dankie vir die blootstelling wat ek hieruit gaan kry
Groete
Marinda
My epos: marindakook@gmail.com
Hi, ek wil net weet of gluten free SF kan gebruik
Ek het dit nog nooit probeer nie.
Geniet om jou resepte gebruik,vinnig,maklik heerlik,en flatervrye. Het al konfyte ook gemaak…Nou die ertjiesop gaan nou pot toe….en broodjie…Tops elke resep …🌹
Sjoe, ek is bly. Die sop is altyd ‘n wenner.
Broodjie heerlik
Ek is so bly.
Hi Marinda
Kan ek bacon en kaas in bestandele gooi of moet dit bo op wees
Jy kan beslis.