Vir my is ‘n blink klewerige varkribbetjie van die lekkerste kos om te eet. Die een is blink, is klewerig en het so ‘n ligte soetsmakie . Ek het dit in die oond gaargemaak, maar jy kan dit op die vuur ook braai – maak dan net die aartappels en patats eenkant gaar. Ek het die aartappels en patats se skil aangehou net goed gewas.
Bestanddele
- 1 kg varkrib
- 3 aartappels in dik skywe gesny
- 2 uie in dik skywe gesny
- 2 patats in dik skywe gesny
- 500 ml appelsap
- rub van jou keuse ek het ‘n Mexican rub gebruik
- 250 ml tamatiesous
- 125 ml bruinsuiker
- 125 ml soyasous
- 125 ml balsamieseasyn
Metode
- Pak die skywe aartappels, uie en patats onder in ‘n oondbak
- Vryf die varkrib in met die Mexican rub en sit dit op die groente in die oondbak.
- Gooi die appelsap in die bak en maak die bak toe. (nie oor die vark nie, want dan spoel jy al die rub af) Bak dit vir 30 minute toe by 180 C .
- Meng die tamatiesous, bruinsuiker, soyasous en balsamiese asyn saam. Gooi die helfte oor die rib en bak oop vir 30 minute
- Na 30 mintute draai jy die rib om en gooi die ander helfte van die sous oor. Bak nou weer vir 30 minute.
- Dit is so lekker dat jy moeilik gaan deel.