Varkvleis

Varkballetjies met Doopsous

Comments are Disabled

Varkballetjies met Doopsous
Varkballetjies

Bestanddele

  • 1 eier
  • 90 ml dikroom
  • 200 ml korslose dagoud brood
  • 300 g vark maalvleis
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 5 ml allspice
  • 5 ml komyn
  • 5 ml rissievlokkies
  • 300 g beesmaalvleis
  • 5 ml bakpoeier
  • 20 ml fyngerasperde gemmer
  • sout en peper

Metode

Verhit die oond tot 180 grade Celsius. Sit op ‘n bakplaat op ‘n oondrakkie wat goed bespuit is met Spray en Cook.

Klits die room en eier in ‘n bak en plaas die brood daarin.

In ‘n menger, plaas die varkmaalvleis en al die bestandele behalwe die beesmaalvleis. Werk met die menger vir 2 minute. Krap die kante af (dit gee n lekker fyn tekstuur aan die frikadelle)

Plaas nou die broodmengsel by en roer vir nog so ‘n minuut

Meng nou die beesmaalvleis by en meng vir so 30 sekondes.

Maak jou hande nat met water en vorm klein vleisballetjies. Plaas op rakkie op bakplaat en bak in oond vir 20 minute of tot lekker bruin.

Doopsous

Bestanddele

  • 200 ml tamatiesous
  • 125 ml bruinsuiker
  • 30 ml water
  • 30 ml asyn
  • 60 ml Worcestersous
  • 100 ml fyngekapte ui
  • 2 knoffelhuisies fyn gedruk
  • 10 – 30 ml rissievlokkies
  • sout en peper

Metode

Kook alles saam vir 10 minute todat dit verdik.

 

Maklik!

Comments are closed.