Gebak, Nagereg

Sagopoeding

6 comments

Sagopoeding 2

Bestandele

  • 250 ml sago
  • 1 liter melk
  • 1 stukkie pypkaneel
  • 30 ml botter
  • 4 eiers, geskei (hou die eierwitte)
  • 100 ml suiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 3 ml sout
  • appelkooskonfyt na smaak
  • 2 ektra eierwitte

Metode

Week die sago in die melk – as jy dit nie doen nie, is dit geen problem nie – jy kook dit net langer.

Plaas die melk, sago en pypkaneel in ‘n pot en kook tot die sago deurskynend raak. Pasop vir brand! Hou die hitte laag en roer gereeld. Roer die botter by en verwyder van die hitte.

Klits die eiergele, die helfte van die suiker, vanieljegeursel en sout saam en roer dit by die sagomengsel. Skep die mengsel in ‘n oondvaste bak en stip dit met appelkooskonfyt na smaak.

In ‘n skoon bak, klits al 6 die eierwitte tot amper styf. Voeg nou die orige suiker bietjie vir bietjie by terwyl jy aanhou klits tot al die suiker in geklits is. Skep dit bo-op die sagomengsel en bak in ‘n voorverhitte oond vir 20 minute teen 160ºC en dan vir nog 15 minute teen 190ºC.

Bedien 6 – 8 porsies met nartjie-gegeurde vla.

Maklik!

Sagopoeding

 

 

 

6 Comments

  1. Baie dankie. Groot word jare se trooskos. 💐

  2. Ek geniet alles alles wat jy met kos kan doen Marinda. Wat n goorslag vrou in die kombuis.

  3. Ek maak graag jou resepte.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*