My Ma se Bobotie
Course: RooivleisPrep time
30
minutesCooking time
40
minutesBestanddele
25 ml olie
1 ui, in klein stukkies gekap
750g – 1kg goeie maalvleis
3 snye brood
125 ml melk
1 eier geklits
80 ml appelkooskonfyt
60 ml asyn
60 ml matige kerrie
30 ml borrie
1 appel gerasper (opsioneel)
2 lourier of suurlemoenblare
Amandelsplinters opsioneel
Metode
- Braai jou gesnyde ui in die olie tot glaserig.
- Laat die brood week in die melk en krummel dit in by jou vleis in jou mengbak – hou die melk vir jou bo-laag.
- Meng al die res van die bestandele in by die vleis behalwe die lourier/suurlemoenblare, amandels , eier en melk.
- Meng nou die gaar uie by jou vleis.
- Sit die mengsel in ‘n gesmeerde oondbak. Moet dit nie styf indruk nie.
- Meng nou jou eier en melk liggies met ‘n vurk en gooi oor die vleis.
- Druk jou suurlemoen/lourierblare in die vleis en sprinkel die amandels bo-oor.
- Bak vir 60 minut by 180C.
Hoeveel porsies uit jou bobotieresep asb Marinda. Dankie.
Ek sal se tenminste 8. Dit hang af hoe groot eters die gaste is.