Groente

Nie jou Ma se Bone

Comments are Disabled

Bestanddele

  • 45 ml sonneblomolie
  • 10 ml swart mosterdsaadjies
  • 10 ml uiesaadjies, opsioneel (hulle word ‘Nigella’ genoem)
  • 10 ml grofgekneusde komynsaadjies
  • 10 ml fyngekapte gemmerwortel
  • 10 ml fyngekapte knoffel
  • 1 kleinerige ui, in klein blokkies gekap
  • gedroogde rooi rissievlokkies na smaak
  • 750 ml groenbone, reguit gekerf in 1 cm stukkies
  • 375 ml tamatieblokkies gemaak van geskilde en ontpitte tamaties
  • sout en fyn witpeper
  • 125 ml grofgekapte koljanderblare

Metode

Verhit die olie in ‘n wok of diep pan en voeg dan die mosterd saadjies, uiesade (indien gebruik), enkomynsade by.

As die sade begin bontspring, voeg die gemmer, knoffel, ui en rissievlokies na smaak by.

Roerbraai vining tot geurig en voeg dan die groenbone by. Roerbraai net totdat die bone glansend en liggaar is.

Voeg nou die tamatieblokkies by en roerbraai vir paar sekondes, net totdatdie tamaties verhit is – nie ‘n oomblik langer nie anders word hulle pap en die gereg waterig.

Verwyder die wok of pan van die hitte, geur na smaak met sout en witpeper, roer koljanderblare by en bedien.

Lewer 6 – 8 porsies.

Maklik!

Comments are closed.