Lam Koftas

Bestanddele

  • 6 x rou, ontdooide lamburgers (by Woolies)
  • 30 ml olyfolie
  • 30 ml fyngekapte sprietuie (met groen stingel en al)
  • 30 ml fyngekapte kruisementblare
  • 15 ml fyngekapte knoffel
  • 15 ml geroosterde komynsade, grofgekneus
  • 5 – 10 ml gedroogte rooirissievlokkies

Metode

Sit die lamburgers in ‘n glasbak en voeg die res van die bestanddele by.

Meng liggies met die hand of ‘n vurk en verdeel die mengsel in 6 ewe groot porsies.

Druk elke porsie vleis om ‘n groot sosatiestok sodat elke Kofta soos ‘n dikkerige wors lyk.

Rooster oor die kole of in ‘n geriffelde ysterpan totdat dit net-net deurgaar en nog sappig is.

Genoeg vir 4 – 6

Bedien met lekker vars Tsatsiki, suurlemoenwiggies en fyn repies kruisementblare.

Maklik!