Ek dink ek het al die resep op my blog gesit, maar wat dis so lekker en maklik ek sit dit sommer weer op. Wat lekker is van die resep is dat jy dit in die oond sit en dan van dit vergeet. Die pampoen smaak nie net lekker nie, dit lyk ook mooi. So n lekker rustic look!
BENODIG:
- 6 skywe pampoen – enige soort wat jou hart begeer
- 175 ml heuning – of soos jou hand vind om te skink
- 100 ml olyfolie
- 125 ml kaneelsuiker
- 100 ml sonneblomsade – of sade van jou keuse
- 4 takkies tiemie
NOU:
- sny die pampoen in skywe so dik soos jy verkies
- plaas die skywe in n oondbak
- sprinkel met die kaneelsuiker
- gooi die olyfolie en heuning oor ( ek maak altyd die heuning warm in die mikrogolf dan is dit lekker loperig)
- sprinkel die sade oor
- sit die tiemie op die pampoen
- bak vir 40 minute by 180 grade celsius in die oond sonder bedekking – oop
- draai die pampoen na 20 minute om
- die dikte van jou skywe sal bepaal hoe lank dit in die oond gaan neem – voel met n vurk of dit sag is
Getroue pampoen – altyd n wenner! Die sous raak so lekker trekkerig en soetttttttttt.
Een van my gunstelinge,en nou weet ek hoekom. Fantasties!!!
Dis reg vir winterkoue.
Dki Marinda ekt jou hele reeks op tv so geniet en ook “getape” ek wil baie graag jou resepteboek koop maar weeti waar nie ek bly in Bloemfontein. Jy maak kosmaak so maklik en geniet elke oomblik daarvan. Hoop daar kom nog reekse. Dki
Baie dankie Netta. Sal jy asb vir my ‘n epos stuur na marindakook@gmail.com
Dan stuur ek al die besonderhede vir joou.x
hi jou resepte lyk lekker het jy n kook boek
More , Ja ek het twee volwasse kookboeke en een kinderkookboek.
Marinda se Koskas
Marinda se Kinderkombuis
en
Marinda kook met Blikkies en Pakkies