Om kos te rook dink mense jy het spesiale toerusting nodig. Dit is nie so nie, jy kan dit op jou stoof in die kombuis doen.
Dis vinnig en nie n gemors om skoon te maak nie.
Ek het snoek gerook, maar jy kan enige vis of vleis rook. Ek het hoender met groot sukses gerook.
BENODIG:
- snoek so groot soos jou behoefte
- saagsels ( ek het akkerhout gebruik , die agrimarkte verkoop ook saagsels)
- rooibosteeblare ( breek sakkies tee stukkend as jy nie die los tee kan kry nie)
NOU:
- sit jou pot op die stoof en gooi n dun lagie saagsels en rooibosteeblare onder in jou pot
- sprinkel dit nat met water en meng met jou hand deurmekaar – dis belangrik om stoom te maak
- sit die oondrakkie op jou saagsel en rooibosteeblare
- was jou vis af en sit dit op die rakkie
- plaas die deksel op die pot en sodra jy sien dit begin stoom , wag vir so 7 minute ( toets met n vurk – dit hang af hoe dik jou vis is)
- die vis moet nie droog wees nie – proe
Eet dit met growwe brood of maak smoorsnoek of slaai met jou vis. Weskus-heerlikheid onder 10 minute.
Vis bly gesond en lekker.