Nagereg

Panna Cotta vir banters – en ander

0 comments

Ek het n soettand wat my oorwedig het die naweek. Besluit toe om panna cotta te maak op die banting manier.  As jy nie die dieet volg nie, vervang die xylitol met gewone strooisuiker.  Sag, sag lekker en legal!wortelbredie 048

 

BENODIG:

  • 2 blikkies coconut cream
  • 100 ml xylitol of strooisuiker
  • 10 ml vanillageursel
  • 10 g gelatien ( 1 koevertjie)wortelbredie 019
  • 100 ml water
  • knippie sout
  • 100 ml heuning ( opsioneel)

NOU:

Sit die gelatien in die water en plaas in mikrogolf vir so 20 sekondes dat dit oplos

Meng die coconut cream, xylitol, vanillageursel, knippie sout en opgeloste gelatien met water saam.

Plaas in kolwyntjiepannetjie of enige mooi houer wat met kleefwerende-middel gespuit is in die yskas vir ten minste 4 uur of oornag.wortelbredie 021

Maak die heuning warm in die mikrogolf en as jy jou panna cotta ontvorm het, bedruip dit met die heuning.wortelbredie 037

 

Dis werklik sag, sag lekker.  Jy kan ook bietjie roosgeursel of suurlemoenskil byvoeg voor jy dit stol in die yskas.wortelbredie 047

Dit was waarlik n wenner in ons huis en ek sal dit beslis weer maak.wortelbredie 049

Comments are closed.