Hoofgereg, Rooivleis

Guinness wortelbredie – nou wat kan lekkerder?

2 comments

By nou weet almal al dat ek op n Maandag net vinnig wil kos maak.   Ek het n klomp wortels by Fruit en Veg gekoop en besluit om die wortelbredie met donker bier  (Guinness)te maak.  Die bredie het sag af gegaan en gevra vir meer en meer en meer ……….wortelbredie 055

 

BENODIG:

  • 2 kg rooivleis  – ek het brisket en kortrib gebruikwortelbredie 001
  • 1 guinness bierwortel en panna cota 003
  • 1 blikkie tamaties
  • 500 ml aftreksel ( stock)  ek het aangemaak uit n houertjiewortelbredie 006
  • 5 naeltjies
  • 8 groot wortels
  • 4 aartappels
  • sout en peper
  • 60 ml asyn
  • 1 ui
  • 60 ml olie
  • 80 ml worcestersous

NOU:

Sny die uie in ringe en braai liggies in die olie

Sny die vleis in blokkies en braai bruin saam met die uie.wortelbredie 005

Sny die wortels in ringetjies en die aartappels in blokkies en gooi by die vleiswortelbredie 010

Gooi die blikkie tamatie by die vleiswortelbredie 016

Meng die res van die bestandele en gooi by.wortelbredie 007

Nou moet die bredie tydsaam prut tot dit sag en gaar is.  Proe deurentyd en gooi by wat jou tong vra.

wortelbredie 072

Dis heerlik.  Jy kan die sous verdik met Bistro of mazina as jy so voel.  Ek het dit met rys bedien.  Die volgende dag smaak die bredie eintlik nog lekkerder!wortelbredie 064

 

 

2 Comments

  1. Lynne Goosen

    Ek vrek oor kosmaak en lekker straight forward resepte. Dankie vir jou blog. Ek is ma van een 10 jarig en n lekkerbekmansmens. Ek self is n ou smulpaap😜

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*