Met die koue wat nou hier op ons toesak, sak daar die lus vir pannekoek ook op my toe. Gisteraand was dit dan nou ook so en ek slaan die staatmakerresep aanmekaar. Die geheim van pannekoek is dat jy die beslag moet laat rus vir ten minste n uur voor jy dit bak.
Die beslag lewer so 10 dun pannekoeke.
BENODIG:
1 koppie koekmeel
¼ teelepel sout
½ teelepel bakpoeier
2 eiers
2 koppies water (of 1 koppie melk en een koppie water)
1 eetlepel olie
NOU:
- sif die meel en bakpoeier en sout saam
- klits die eiers en water/melk saam in n beker
- klits nou die vloeistof by jou meelmengsel – klits tot glad
- laat dit rus vir 1 uur
- maak jou pan warm op die stoof met klein bietjie olie
- gooi genoeg beslag in om net die boom van die pan toe te maak
- as die beslag droog raak, draai die pannekoek om met n spaan
- bak jou pannekoeke – maak mooi dun pannekoeke
- pak op n bord en strooi kaneelsuiker oor
Wat jy binne die pannekoeke sit is legio. Net so lekker met n soutvulsel, gesmelte kaas, mayohoender of tuna.
Soetvulsels soos karamel, sjokolade en appel maak van die pannekoeke n wenner.
Ek eet myne graag met kaneelsuiker en n klein bietjie suurlemoensap.
Hierdie pannekoeke lyk darem baie mooi en lekker!!!!!
Danie, ek sal hul eendag vir jou bak.
Marinda
Hi Marinda, shoe toe ek jou program raakloop op TV kan en net nie 1 epesode mis nie!! Jou disse is so lekker vinnig en vreeslik lekker. En ek is ook net so lief vir my wyntjie hoor. Ek is mal oor jou lekker lag, want ek lag ook baie maklik en uit my maag uit. Ek wil graag weet of jy ‘n resepte boek op die rakke het? Ek en my dogter versamel resepte boeke, en joune sal ‘n moet wees op ons rak!
Vrienelike groete. Lidia
Ek se eerste CHEERS. Daar is een op die rakke: Maklik met Marinda
Hi Tannie ek moet se hierdie resepte lyk smul lekker ipv bak poeier gooi ek altyd so 5ml brandewyn of suurlemoensap in dit maak die pannekoek iewat ligter en baie lekker(net n voorstel as iemand vergeet het om bakpoeier te koop)
Baie dankie. Ek gaan dit beslis probeer.