Ons ken kerrievis as n gereg wat jy hier om en by Paasfees eet. Met die jare het ek besef dat kerrievis in jou yskas oor die Kerstyd n gereg is waarmee jy onverwagte gaste kan voed. Dis heerlik om te eet in die warm somersmaande.
BENODIG:
- 1 kg hake/stokvis
- fish spice (opsioneel kan vervang word met sout en peper)
- 4 uie in ringe gesny
- 30 ml olie
- 60 ml pickling spice
- 5 ml chillie vlokkies
- 30 ml borrie
- 60 ml kerrie
- 10 ml sout
- 5 ml peper
- 750 ml bruinasyn
- 250 ml water
- 200 ml suiker
- 4 gekneusde suurlemoen of lourierblare
NOU:
- sny die vis in mote en pak dit in n oondbak
- sprinkel dit met fish spice of sout en peper
- bak die vis vir 20 minute by 180 grade ( ek het my vis bevrore ingesit) – die vis moet gaar maar ferm wees.
- braai die uie en pickling spice in olie tot glaserig , nie bruin nie
- meng die res van die bestandele in n bak en gooi by die uie in die kastrol – kook vir 15 minute
- pak nou lae vis en lae keriemengsel in n plastiekbak
- los in die yskas vir ten minste 2 dae – as jy so lank kan hou
Geniet die vis saam met n slaai of n sny dik warm brood. Dis n wenner in jou yskas en raak net al lekkerder hoe langer die vis trek in die sous. Jy kan enige ferm witvis vir die gereg gebruik.
Dit lyk heerlik.
Liewe Kleina
Die vis is n wenner met n lekker stukkie brood daarby.
groete
marinda
Ja née dit klink NA n wenner. Veral vir die somer dae Groete
Joyce, die vis is altyd n redding as die onverwagte gaste opdaag.
groete
marinda
Marinda, kan ek hierdie vis warm bottel, laat afkoel en dan in die yskas bere of moet jy dit maak en opeet?
Baie dankie vir al hierdie oulike reseppies van jou.
Groete
Ann
Ann, ek pak dit warm in lae in n tupperwarebak. Dis reg as jy die sous warm oor die vis gooi. Dit hou baie lank in die yskas.
groete
marinda
Lyk super lekker. Mens most net passop Anders bly jou vingers ook in die slag!!
Om die vingers af te suig is deel van die lekker!
groete
marinda
Liewe Lydia
Laat weet hoe dit gesmaak het. Jy kan self besluit hoe sterk die kerrie moet wees.
groete
marinda
Ek het myne vandag gemaak. Vars stokvis gebruik en Xylitol ipv suiker. Nou is dit sommer reg vir Banters en diabete. Ek kan nie wag vir die dag of 2 om verby te gaan terwyl die smake lekker “trou” nie. Dankie vir jou heerlike en maklike resepte.
Net liefde. Jys slim!
Dankie Marinda dat jy so gaaf is om hierdie resep met ons te deel. Ek probeer ook om nie een van jou programme te mis nie en geniet jou baie. Gaan beslis die resep maak. Wil ook by jou hoor waar ek jou resepte kan kry. Dink jy moet ‘n resep boek uitgee.
My boek kom vroeg volgende jaar uit. Intussen loer op http://www.marindakook.com
Hallo marinda
Jy is sp pragtige uitbundige vrou
Jy lag steek mens aan😅
Ek soek die chocolate fondant resep asb
Dnki ria
Hier’s hy https://marindakook.co.za/sjokolade-fondant/
Loer op die blog. Hys daar.
Hallo Marinda
Ek deel sommer n ander kerrie vleis maak.
Enige vleis varkie, lammetjie, klein beesie.
Meng sommer volgens jou eie smaak kerrie, borrie, fyn neut, suiker, loulier blare, kaneel, bietjie soutjies en waarin jy glo!
Kook daai vleissies starrig tot sag!
NOU gooi n blikkie “KOO VEGETABLES IN HOT CURRY SAUCE”
Meng laat prut!
DAN STROOI SO 2 DESSERT LEPELS VARS GESKROEIDE SESAME SAAD OOR MENG.
Die Sesame saad moet geskroei wees, nie swart nie lig bruin tot bruin.
As jy weer n Avo eet gooi Geskroeide Sesame Saad oor jy gaat baie lekker eet!
Koebaai!!!
Baie,baie dankie. Ek gaan dit beslis probeer.
Hallo Marinda. Ek geniet jou energie as menswees baie. Jy en jou gesin en ag sommer almal wat al op jou show opgetree het is almal spesiale mense. Dit is vir ons so inspirerend. Baie Seen x
Annelie baie dankie vir jou mooi woorde. Ek waardeer dit opreg
My wife has been looking all over for your recipe book “Maklik met Marinda” but without success to date. Please advise where in the Western Cape we can find it. Thanks
Did you find one? You can order online as well
Hi Marinda,
Ek geniet jou program erg baie. Nou ja so sit ek en dink ek wil graag vir die eerste keer Kerrievis maak. My mond water behoorlik vir dit. Ai maar soveel moeite net om te onthou maar Maklik met Marinda is mos daar. Sjoe dit lyk sommer maklik en sonder grille. Gaan dit definitief nog maak in hierdie week. Baie dankie vir die deel en jou program. Gaan sommer ook nou kyk vir jou resepteboek.
Kerrievis kan so lekker lank hou. Hoe langer in die yskas hoe lekkerder.
Middag Marinda.. Ongeveerr hoe lank hou jou kerrievis in di yskas. Jou resep was ‘n. Wenner hierde paasnaweek
Hi Cynthia
Dit kan vir tot 3 maande hou. Lekker eet.
Marinda