Bestandele
- 60 ml botter
- 1 ui, in blokkies gesny
- 8 knoffelhuisies, fyn gekap
- 2 seldery stingels, in skyfies gesny
- 500 ml droë witwyn
- 2 lourierblare
- 3 takkies tiemie
- 1 kg halwe mossels of skoongemaakte mossels in toeskulp
- 250 ml room
- Sout en peper
- 125 ml fyn gekapte vars pietersielie
Metode
Smelt die botter in ‘n pot en braai die ui tot glaserig. Voeg die knoffel en seldery by en braai verder totdat die seldery sag is. Voeg die witwyn, lourierblare, tiemie en mossels by. Plaas die deksel op die pot en laat die mossels gaar stoom vir om en by 7 minute.
Verwyder die mossels wat nie oopgegaan het nie (as jy nie halwe mossels gebruik nie). Haal die res van die mossels uit die pot, maar hou die vloeistof. Plaas die gaar mossels in ‘n opdienbak.
Gooi die mossel vloeistof deur n sif, plaas dit terug in die pot en voeg die room by. Kook vir om en by 3 minute en geur na smaak met sout en peper. Gooi die warm sous oor die mossels en sprinkel die fyngekapte pietersielie bo-oor.
Bedien 4 – 6 porsies met vars brood en ‘n groen slaai, hetsy ‘n voorgereg of hoofgereg.
Maklik!
Baie dankie, Marinda. Jy is ‘n regte life saver.
Baie dankie en baie groete.
Dit kom met tonne liefde. Geniet.
Hierdie Mosselresep is voorwaar baie lekker !
Dit is. Ek het gewoonlik ‘n sakkie gevriesde mossels in die vrieskas. Vir onverwagte gste is dit ‘n wenner. Lekker eet.