Soms kruis n gereg jou pad wat jou wereld verander. Die piesangroomys is een van die lekkerste nageregte wat ek in my lewe geeet het. Dis ongelooflik! Dis sag en romerig!
BENODIG:
NOU:
- Sny die piesangs in dun ringetjies.
- Plaas dit op n bakplaat en bedek met kleefplastiek.
- Vries dit.
- Sit dit in jou voedselverwerker en kap fyn.
- Meng die grondboontjiebotter by.
Dis die lekkerste lekker in LekkerLand!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Terina, probeer dit. Dis regtig lekker en romerig.
Groete
Marinda
Interessant sal moet probeer! Maar jou mangopoeding van many moons ago bly nog steeds ‘n wenner!
Elmarie, ek maak dit nog self. Probeer die roomys. Dis nogals weird, maar lekker.
Marinda
Dit lyk interessant en ook gesond.
Stuur my soortgelyke resepte as dit kan, ek kyk ook op die Net.
Groete
Anna Gevers
Belgie
Anna,dis heerlik. Loer so dan en wan op die blog. Ek probeer maar altyd vinnige kos maak. Groete vir almal in Belgie.
Marinda
Ek gaan sommer nou katjiebotter en pananas koop….xxxxxxxx
– Monica, dis diep-lekker.
Liefde
Marinda
Oeee dankie Marinda…my familie is mal oor roomys. Ek gaan hulle so verras!
Delina, jy kan dit vries. Haal dit net so n uur uit voor jy dit bedien. Regtig lekker.
Groete vir die familie.
Marinda
Dankie Marinda, gaan dit defnitief probeer.
Dit lyk so lekker.
Kleina, dis heerlik verby!
Groete
Marinda
Ek is nou so opgewonde dat ek nie kan wag om meer van jou resepte te geniet nie. Ek is so lief vir min moeite kos maak, en min bestandele…
Baie dankie.
Geniet elke happie.