Ek koop altyd die botteltjie uiemarmelade in die winkel en eet dit dan saam met kaas, tjops op brood en op enige iets net omdat dit so lekker is vir my. So besluit ek om my eie te maak. Niks moeilik nie, net tydsaam.
BENODIG:
- 2kg uie in dun ringe gesny
- 100 ml olie
- 500 ml balsamiese asyn
- 500 ml rooiwyn
- 500 g bruinsuiker
- sout en peper
NOU:
- skil die uie en sny in ringetjies en braai dit tot glaserig in olie
- meng die res van die bestandele in n bakkie en gooi oor die uie
- kook nou vir 60 tot 90 minute totdat die sous stroperig raak – kook sonder deksel
- gooi in gesteriliseerde bottels en bere
Kyk, hierdie trekkerige uietjies op n burger of op n kaasbord smaak vorentoe.
Dit is nou my kos , dankie Sal probeer!!!!
Djeeeeeerlik
Ek moet uiemarmelade as n ‘dip’ saam met n fillo-worsie maak vir 200 mense. Sal die resep genoeg wees?
Merissa, as jy dit saam met iets anders voorsit sal dit genoeg wees.
groete
marinda
Wil graag weet watse rooiwyn jy gebruik het van four cousins
Elmare, jy kan basies enige goeie rooiwyn gebruik
Haai ek wil net graag weet was is die rak lewe vir uie marmelade?
Hi. Word dit warm gebottel?
Warm gebottel.
Hoe lank kan n mens dit in die yskas hou na dit gebottel is? Dankie vir die resep!
More, ons eet dit gewoonlik so vinnig op. Ek sal se met gemak 3 maande.
Lekker eet
Marinda
Hi Marinda, hoop dit gaan jou goed. Voorspoed, goedheid en guns vir jou en jou naastes vir 2022.
Wil net vir jou vra,
1. Waarmee kan wyn vervang word nie alkoholies en
2. Kan wyn ook vervang word met port?
Hoor graag van jou.
Groete
Gx
More Gerdie
Ek het nog nooit wyn met iets anders vervang nie, maar die internet se vir my dat jy dit met druiwesap en slefs granaatsap kan vervang.
Port het ook alkohol in.
Mooi jaar
M
Baie dankie Marinda.
Gesondheid, goedheid en guns.
Gx
Selfde vir jou. Geniet jou uie marmelade
Hello Die wyn is dit droe wyn of soet wyn? 🙈
Enige soeterige wyn.
Kan ek die rooiwyn met bruin asyn vervang
Ek dink dit sal te suur wees. Gebruik druiwesap
Dit is heerlik met droe rooiwyn! Ek het die volumes van die wyn en balsamic verminder na ‘n 3/4. Steeds perfek!
Dit klink heerlik
Marinda
Help bietjie, watse rooiwyn gebruik jy vir die uie marmelade? Soet of droë rooiwyn?
Liewe Org
‘n Soeter rooiwyn gaan lekker werk, maar ek moet erken ek gebruik die rooiwyn wat in my huis is.
Liefde
Marinda