Nagereg

Roomys

7 comments

Ek het die roomys vir Amanda Strydom gemaak en ek dink as sy van dit kon inpak en saamneem op die vliegtuig dan het sy!

Roomys

Recipe by Marinda EngelbrechtCourse: Nagereg
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • 2 liter goeie vanieljeroomys

  • 2 pakkies Oreo-koekies, fyngemaak

  • 3 Flake-sjokolades

  • 1 pakkie Whispers of enige klein sjokoladeballetjies

  • 250 ml room

  • 1 klein plak sjokolade

  • eetbare blommetjies

Metode

  • Voer ’n broodpannetjie uit met kleefplasiek.
  • Maak die roomys ’n bietjie sag en meng die helfte van die koekies, die helfte van die Flake-sjokolades en die helfte van die sjokoladeballetjies met die roomys.
  • Gooi dit in die broodpannetjie.
  • Strooi die orige koekies oor.
  • Maak dit toe met kleefplastiek en vries.
  • Dop dit uit die broodpannnetjie en versier dit met die orige Flake-sjokolades, sjokoladeballetjies en mooi blommetjies.
  • Maak die sjokoladesous deur die die plak sjokolade saam met die room in die mikrogolf te smelt.

Tags

7 Comments

  1. Dus vir my die lekkerste program.
    Dankie Marinda dat jy altyd jou resepte deel en ek geniet jou🤗

  2. Rina van Niekerk

    Ek hou baie van die resepte. Dit is maklik om te maak en Marinda bied dit met smaak aan.

  3. Amanda Strydom

    Dit was die HEERLIKSTE roomys wat ek nog OOIT geproe het ! Ja , ek wens ek kon dit op die vliegtuig huistoe vat ! ( Ek sou dit seker als opgevreet het nog voor ons opgestyg het)

  4. Kitty kriel

    Baie dankie vir al die heerlike resepte.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*