Bestandele
- 1 groot ui, fyngekap
- 30 ml sonneblomolie
- 15 ml kerriepoeier
- 10 ml borrie
- 750 ml kookwater
- 250 ml pampoen, grofgerasper
- 250 ml soetpatat, grofgerasper
- 125 ml rooi lensies
- 2 blokkies hoenderaftreksel
- 2 hoenderfilette, in 2-cm blokkies gesny
- vir opdiening: gewone jogurt, suurroom of klapperroom en grofgekapte koljanderblare
Metode
Braai die ui liggies bruin in die olie en gooi die kerriepoeier en borrie by. Roer tot geurig en voeg die kookwater, pampoen, patats en lensies by. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en prut vir 15 minute of totdat die lensies begin sag word.
Krummel die aftrekselblokkies in die sop in en roer goed deur. Voeg nou die hoender by en kook vir nog 5 – 8 minute of tot die hoender gaar is. Laat die sop genoeg afkoel sodat jy dit met ‘n aartappeldrukker of ‘n voedselverwerker kan fyn maak.
Bedien met ‘n skeppie jogurt, suur- of klapperroom en koljanderblare.
Lewer 4 porsies saam met vars brood en botter.
Maklik!