Sjokolade-fondant

Sjokolade-fondant

Bestanddele

  • 50 g -75% donker sjokolade
  • 50 g botter
  • 1 eier
  • 1 eiergeel
  • 50 g strooisuiker
  • 2 eetlepels meel

Metode

Smelt die sjokolade en botter in ‘n glasbak oor ‘n dubbelkoker met water op jou plaat.

Smeer twee koppies met botter en strooi kakaopoeier in. Plaas in yskas.

Klits die eier, eiergeel en strooisuiker tot lig van kleur.

Klits die meel by.

Vou die sjokolademengsel in.

Verdeel tussen die twee koppies en bak by 200 ºC vir 12 minute.