
Bestanddele
- 1 kg patats geskil en in dik ringe gesny
- 100 g botter
- 145 ml suiker
- 100 ml heuning
- 3 pypkanele
Metode
Begin met ‘n lagie botter.
Dan patat.
Dan botter, heuning en suiker.
Herhaal tot alles op is.
Sit die plaat op redelik hoog en sit die deksel op.
Nou gebeur dinge.
Maklik!