Maklik Met Marinda – Esther von Waltsleben

Esther von Waltsleben is n vrou met vele talente, maar kook is nie een van hulle nie.  Sy is ‘n bekroonde akteur en tuis op die verhoog en voor die kamera. Maar die kombuis is ‘n vreemde terrein vir haar. Dit was ‘n groot lekkerte om saam met haar te kook. Ons het bloukaastert en broccolislaai gemaak. En dan: ek deel met haar my ultimate slaaisous!

Skakel Donderdag om 17:30 in op VIA, kanaal 147 vir hierdie spesiale episode.