Bykosse, Groente

Banting patats – soet en lekker

10 comments

Kyk die somer le voor en almal probeer maar daardie ekstra rolletjie afskud.  Maar die lus vir n lekker soetpatat wil my nie afskud nie.  Toe maak ek maar banting patats.patat 3

 

BENODIG;

  • 2 groot patats
  • 30 ml coconut oil
  • 60 ml botter
  • 5 ml heuning
  • 30 ml stevia suiker of enige versoeter
  • 2 kaneelstokkies
  • n knippie sout

NOU:

  1. skil die patats en sny in ringetjies
  2. gooi die res van die bestandele in n pot en roer tot botter gesmelt is
  3. sit die patat in die pot en stel die plaat baie laag
  4. laat dit saggies kook sonder deksel
  5. probeer om die pot te skud in plaas daarvan om die patats te roer met n lepel  – dit breek maklik
  6. laat dit stadig prut totdat dit karamaliseer en die patat sag is.

Heerlik, heerlik, heerlik!!!!!!!!patat 2

10 Comments

  1. Glenda NIemand

    Ek gaan dit vir seker probeer Is daar nie nog resepte op die trant nie. Noem dit: Vir die soettand met ‘n “kinkel”

    • marindakook

      More Glenda

      Sal nog uitdink vir ons. Ek maak vandag n banting bobotiebroodjie en sal dit later opsit. Geniet die soetpatats.
      Groete
      Marinda

  2. RIa Van der schyff

    Marnda dnki pampoen poffertjies v banting asb

  3. Daleen Botes

    Vandag io die resep afgrkom en moet sê dis heerlik

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*