Hoofgereg, Rooivleis

T-been steak – reg op sy tyd

0 comments

Gisteraand toe is ek so lus vir die steak dat ek nie kon wag vir die vuur om uit te brand nie.  Ek sit toe die riffelpan op die plaat en laat dit goed warm word.

stesk en deepfryer. bog 009

Voor jy dit in die pan sit. Moenie die olie in die pan gooi nie. Smeer die steak in met olyfolie en geur met speserye van jou keuse. Ek het sout en peper en Portugese speserye gebruik.

stesk en deepfryer. bog 007

As die pan goed warm is, sit jy jou vleis in die pan.  Moet nou nie karring nie.  Die vleis moet nie dunner as 2,5 cm wees nie.

  • medium/rare: 4 minute aan ‘n kant (nog baie pienk binne)
  • medium: 5 minute aan ‘n kant (pienk binne)
  • well done: 6 -7 minute aan ‘n kant (geen pienk, heel gaar)

stesk en deepfryer. bog 016

Draai dit net een keer om.

stesk en deepfryer. bog 017

Nou elke man soen sy vrou soos hy verkies. Nou so ook met jou steak. Ek verkies slaai daarby en my man skyfies. Kies jy wat vir jou lekker is.

stesk en deepfryer. bog 027

stesk en deepfryer. bog 030

 

 

 

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*