Hier is nie eintlik n resep nie. Meer n “gooi-bymekaar-en-geniet”.
BENODIG:
- 5 aartappels
- 15 ml growwe sout
- 20 ml paprika
- peper
- 2 takkies roosmaryn
- 100 ml olyfolie
NOU:
- was jou aartappels af – ek skrop dit met n kombuissponsie, maar hou skille aan
- sny die aartappel in die lengte en dan weer n keer
- pak in n oondbak
- strooi sout, peper en paprika oor
- sit roosmaryn takkies op
- bedruip met olyfolie
- bak oop in die oond vir so 45 minute by 180 grade celsius – draai dit halfpad om
Heng Marinda, jy maak my so honger, en ek is so lief vir gebakte aartappels. Saam met ons hoender eet ons so waar van hierdie aartappels vanaand. Hoe bly jy so maer met al die geproe, eksperimenteer en eet???
Het vir jou ‘n epos gestuur, kyk asb xxx
Hanna, dis maar n ewige stryd. Probeer die aartappels gerus dis dieplekker.
Lollie
Lyk lekker!!!