Op die Kokkedoor-program het ek by Tiaan die beet leer maak. Dis ‘n heel ander smaak. Die smaak van die beet is intens en heerlik. Dit word op n bed growwesout gaargemaak.
Sit jou oond op 190 grade Celsius. Baktyd omtrent 1 uur.
- Was die beet mooi af.
- In ‘n oondbak gooi ‘n bed growwe sout.
- Plaas jou ongeskilde beet op die sout en sit in die oond vir omtrent 1 uur. As jy ‘n skerp messie indruk moet hy net-net ingaan.
- Skil die beet terwyl dit nog warm is.
- Nou kan jy besluit of jy soet/ suur beet wil he: Half koppie asyn + kwart koppie olyfolie+sout +peper
- Ek het oor my beet net olyfolie, balsamiese asyn, sout, peper en pietersielie gegooi.
Gaan maak!
Sus, ek wag vir jou dat ons skons kan bak!
Marinda, ons het op ander manier kommunikeer op FB as
voorheen, dit was verrykend en interessant. Jy is n mens met vele fasette en ek is bly ek kon hierdie passie met jou deel
Het jy n boek uitgegee? Indien J, waar is hy beskikbaa?