In ons huis het ons gereeld brandewyn/tipsytert geeet. Dit was soms die nagereg en soms die tert saam met koffie of tee. Die veelsydige en maklike tert kan in n groot tertbord gebak word of as klein tertjies in n muffinpannetjie. Dis heerlik saam met roomys, room of vla. Die tert vries goed. Maak genoeg en bêre vir die dag wat onverwagte gaste opdaag.
BESTANDELE:
- 200 g ontpitte dadels
- 5 ml koeksoda
- 250 ml kookwater
- 125 ml botter of margarien
- 250 ml strooisuiker
- 2 eiers
- 500 ml koekmeel
- 5 ml bakpoeier
- 2,5 ml sout
- 5 ml fyn kaneel
- 250 ml okkerneute
STROOP:
- 310 ml suiker
- 15 ml botter
- 190 ml water
- 5 ml vanielje ekstrak
- knippie sout
- 125 ml brandewyn
NOU:
- voorverhit die oond tot 180 °C
- kap die dadels fyn
- gooi kookwater en koeksoda in n houer en gooi die helfte van die fyngekapte dadels by die watermengsel – laat afkoel
- room die botter/margerien en suiker saam
- voeg die eiers by en klits verder
- sif die droe bestandele saam en voeg by die eiermengsel
- kap die neute fyn
- voeg nou die orige dadels en fyn gekapte neute by die meelmengsel
- laaste voeg die dadel-en-koeksoda mengsel by
- smeer n tertbak en gooi die mengsel in jou tertbak
- bak vir 35 minute by 180°C
STROOP:
- kook die suiker, botter en water saam vir 5 minute
- voeg die res van die stroopbestandele by
- gooi die warm stroop oor die warm tert
Dit klink na baie werk, maar dit is nie. Vir ons as kinders was dit grootmenspoeding – seker maar oor die drank wat daarin is. Geniet elke happie – dis die moeite werd.
Marinda, jy laat my terug verlang na sondag middag, na die middag slapie, is dit tyd vir dik plaas room louwarm tipsy tert, en regte sterk boeretroos. En Dan begin die week in alle ergs.
James, praat jy. Marinda
Dit is dieselfde as my ma se resep. Ek maak dit ook graag. Eet saam met wit roomys. Laat my terugverlang na my ma. Waar het die tyd heen gegaan.
Bly vir my lekker koesterkos. Geniet jou tert.
Groete
Marinda
Goeie dag, Marinda.
Ek het vir lank, gereeld brandewyn tert gebak. Ewe skielik kry ek ‘n diep lus vir die gesogte tert. Donderdag 27,Augustus 2020, nadat di verbod op alkohol verkope gehef is, gaan koop ek vir my brandewyn. Sondag, 30 Augustus 2020, as ek gespaar word, gaan ons dit as nagereg geniet. Ek is nog van die klas wat Huishoudkunde as skoolvak gehad het.
Voorwaar ‘n uitstaande, smullekker tert.
Liewe Zenobia
Ek kom ook nog uit die huishoudkundeklas op skool. Geniet elke happie van die tert.
Liefde
Marinda
Bak nou..ruik hoe lekker
Ou Kersaand se gebak vir
Kersdag 2020
More
Hoop dit was lekker en het genoeg brandewyn in gehad.
Liefde
Marinda
Wat is die koste van so n tert..as die resep wil gebruik om in kolwyntjie panne te bak…hoeveel sal uit so n aanmaaksel kom?….ek is mal oor jou resepte. Dankie dat jy met ons deel
Dorette, ek het nie nou al die bestanddele se pryse om die kostes uit te werk nie. Jy behoort 12 te kan uitkry. Hang ook af hoe groot jou pannetjie is.