Broccolislaai

Esther Von Waltsleben Broccolislaai

Bestandele

  • 900 g broccoli, opgebreek in klein stukkies
  • 1 x pakkie van 250 g spekstukkies, bros gebraai
  • 250 ml sterk kaas (soos Emmental), in blokkies gesny
  • 200 ml sultanas
  • 250 ml Ultimate Slaaisous (sien resep)

Metode

Blansjeer die broccoli in kookwater en dompel dit dadelik in yswater.

Meng die broccoli, spek, kaas en sultanas en gooi die slaaisous oor. Meng en plaas vir ten minste ‘n uur in die yskas.

Bedien 6 – 8 porsies saam met enige hoofgereg.

Maklik!