Hoender, Hoofgereg

Donderdag se lip-aflek vinnige hoender

16 comments

Daar kom daardie dae dat  jy net vinnig wil kos maak.  Die dae wat jy min skottelgoed wil he.  Vandag is so n dag.  Ek maak die hoender wat my ma altyd vir ons gemaak het  Hier kom n pakkie sampioensoppoeier oor die hoender.  Ek weet die kospuriste het n ding oor soppoeier, maar weet jy , dit het my nog nooit gepla nie.gruffalo 026

 

BENODIG:

  • 12 stukkies hoender
  • 1 ui in ringe gesny
  • 1 pakkie sampioene in kwarte gesny
  • 1 pakkie sampioensopgruffalo 007
  • 1 liter appelkoossapgruffalo 011
  • sout en peper

NOU:

Pak die uieringe in n oondbak en pak die hoender bo-op. Geur met sout en peper.gruffalo 001

Strooi die sampioene oor die hoender.gruffalo 006

Gooi die soppoeier oor die sampioene en giet dan die appelkoossap bo-oor alles.gruffalo 013

 

Bak toe met foelie vir 30 minute by 180 grade celsius.  Haal dan die foelie af en bak vir nog 45 minute tot dit mooi bruin is.gruffalo 021

 

Bedien die trooskos met rys, soet pampoen en ertjies.  Ek het aanvanklik die gereg vir 6 mense gemaak, maar 4 van ons het dit opgeeet.gruffalo 030

 

16 Comments

  1. CHRISTABEL MCGEAR

    Ek stem saam. Plaas not van die malika resepte vir ons weekend man’s.

  2. Hello Marinda ek sukkel om APPELKOOS SAP te kry. Weet jy of daar ‘n probleem is??

  3. Dankie vir resep Marinda gaan dit defnitief vanaand maak.

  4. Hallo Marinda. Baie dankie vir jou heerlike resepte, ek love dit. Dis maklik ek hou ban die fotos wat jy bysit. Het al n hele Paar van jou resepte gemaak. Ek noem dit as ek dit vir die familie voorsit, dat my geheime vriendin my geinspireer het.. so my familie hou van my geheime vriendin wat se kos so lekker is.. dankie

  5. Ek het jou resepte op TV gevolg. Volg nou op Pinterest. Love dit. Maklik met Marinda. Ek love die glasie wyn as jy kook…ek doen dit ook so. 😄

  6. HOEVEEL APELKOOS SAP MOET IN DIE HOENDER KOM ASSEBLIEF

  7. Baie dankie Marinda. Hierdie hoender resep pas my soos ‘n handskoen. Ek is 70 jaar oud, en kan nie meer so lank staan met fancy lang resepte nie. Baie dankie vir jou omdat jy dit so maklik kan maak.

  8. Marinda, kan ek ook hoenderfilette vir hierdie resep gebruik?

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*